About

Eerstens wil ek myself voorstel:  Ek is Wilhelmina Johanna Britz getroud met Stefanus Jesaia Jansen van Vuuren.  Die troufoto en kaartjie projek is begin in Januarie 2020.

My man het my aangemoedig omdat ons besef daar is so baie mense hier buite wat troufotos en kaartjies in hul besit het.  Dis baie keer hartseer as mens hoor dat mense gaan skei. Ja, dan beland daardie kaartjies en fotos in ‘n asblik selfs ‘n ashoop!  Soms verskyn die fotos en troukaartjies in ‘n fotoalbum.  Niemand weet daarvan nie!  Selfs die name ontbreek en die gene wat geweet het is lankal nie meer met ons nie.

Daarom maak ek gebruik van die geleentheid om alle troufotos en kaartjies op te raap met toestemming van ‘n familielid, vriend of kennis wat inbesit is van die foto. Dis ‘n tydsame proses want sommige mense riageer nie dadelik nie.  Soms skepties! Dis nogal ‘n uitdaging veral as daar min inligting beskikbaar is maar nie een foto word nie opgeneem nie.

Ek skep ‘n vouer vir elke persoon nl.  “BRITZ Gerhardus Dirk x BOTHMA Maria Catharina”  Die vouer word dan in ‘n vouer wat die Hoofvan aandui geliasseer.  Naamlik BRITZ.  Ek maak gebruik van ‘n excel blad waar al die alfabet letters is en elke hoofvan word dan sorgvuldig sover moontlik in kronologiese orde geliasseer.  Die indeks bevat die troudatum, Van van Man(Bruidegom, Volle Name, Bruid se Nooiensvan, Vollename. Die Bruidegom se Vader Van en volle name, Moeder Nooiensvan en vollename en die Bruid se Vader Van en vollename en Moeder se Nooiensvan en vollename, Plek  en Kommentaar en laaste maar nie die minste nie die skenker.

Ek kan net vra dat elke persoon wat die projek sien my daarmee sal help, sodat ek ‘n sterk data basis met fotos kan vestig vir bewaring vir ons nageslag.

Ek wil ook gebruik maak van die geleentheid: Om dankie te sê aan almal wat reeds ‘n bydrae gelewer het.